Die huidige stand van sake
in die skaapboerderybedryf vereis dat alle moontlike middele
aangewend word om doeltreffendheid te verhoog. Teelverbetering is
een faset van die bedryf wat ‘n baie belangrike bydrae lewer tot
winsgewender produksie. Dit is Vredebest se missie om in hierdie
verband diens te lewer.
Die Vredebest-stoet is
begin op 2 November 1977 met die aankoop van 39 geregistreerde ooie
van mnr. J.P. Eksteen van Piketberg. Daarna is ooie ook van ander
telers aangekoop. Natuurlike aanwas het gesorg vir genoeg ooie om
vier ooigroepe of ooifamilies te vorm teen die einde van 1981. Vanaf
hierdie datum is sikliese parings toegepas om inteling te bekamp.
[
Kliek hier om meer te lees
] |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| |
|